Verlede jaar het my sosiale media span die volgende aanhaling van my op een van my Facebookblaaie
geplaas… “ My passie is groter as ander se opinie.
” Dit blyk ‘n gewilde aanhaling te wees want binne ‘n paar uur het ‘n paar duisend mense dit gesien, is dit ‘n klompie kere “gelike” en nogal baie gedeel.
My eerste reaksie was om bly en dankbaar te wees dat soveel mense iets sien wat op my blad gedeel is, maar dit het my ook laat dink. Is my passie regtig groter as ‘n ander se opninie? Jy sien, kommentaar en kritiek die kry ek uit die aard van my werk baie. Ingeligte kritiek van vriende waardeer ek opreg, maar soms is daar mense wat opinies sal uitspreek of iets sal sê wat totaal ongevraagd is en seermaak.
As ek kyk na die kommentaar wat sportsterre byvoorbeeld moet verduur en verdra op sosiale media dan kry ek hulle jammer. Die een week is iemand ‘n held wat die wedstryd wen, die volgende week word dieselfde persoon uitgekryt vir al wat sleg is as die span minder goed gevaar het. Tog is dieselfde manne, en natuurlik vroue, week na week terug op die veld of baan om hul sport te beoefen.
Hulle passie is duidelik groter as ander se opinie. Die afgelope tyd het ek myself ook vasgeloop teen mense wat die spreekwoordelike stokkie in die wiel probeer steek. Dit het eers seergemaak en toe word ek kwaad. ‘n Goeie kwaad, want dit het my aangespoor om net nog beter te doen. Deur die genade het ek my visie voor oë gehou. Die droomwat al van kleinsaf binne my brand om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Die droomwat vir my ‘n werklikheid geword het en wat maak dat ek nou elke dag met vreugde my passie kan uitleef.
Is dit elke dag ewe maklik? Nee, soms sou ek ook langer met my hartsmense wou kuier, of bietjie later wou slaap in plaas van die vroeë vlug op die lughawe in te wag, maar verruil sal ek my passie vir niks verruil nie.
My advies aan jou as mense se opinies en ongevraagde kritiek jou wil verswelg, is om vas te staan in die geloof, jou kop op te tel en aan te hou om jou droomvlerke te gee, want jy moet doen waarvoor jy geroep is om te doen. Behou jou visie en staan sterk, jy is gebore om ‘n suksesvolle lewe en ‘n gees van uitnemendheid te hê!
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer