Die lewe is mos maar soms vol komplikasies. Net sodra jy dink jy het dinge onder beheer, dan gebeur daar iets anders en alles is weer deurmekaar. Ken jy daardie gevoel?
Dis mos so al asof ‘n moedeloosheid oor jou wil toesak as alles tegelyk gebeur. Die oumense het gesê jy weet nou nie herwaarts of derwaarts nie. Dis interessant hoe elke mens sy eie manier het om die rowwe dae te hanteer. My een kollega sal altyd op die moeilikste tye probeer om almal aan die lag te kry. Nou die oggend stuur sy vir my ‘n foto van haarself met haar hare wat in al die windrigtings staan. Sy werk van die huis af en het nog nie kans gehad om by die stort uit te kom nie al het die son al hoog gesit. “Is om jou te laat glimlag” laat weet sy my. Ek het.
Op ‘n ander keer, was ons nog laat in die aand besig met werksgoed op WhatsApp. Die sake is ernstig, die spanning loop hoog. Skielik kom die skakel deur na ‘n lawwe liedjie op YouTube van haar kant af. “Ons nuwe temaliedjie” verklaar sy. Weereens kan ek nie help om te lag nie.
Soms moet mens maar net lag, dan lyk dinge al beter. Ander kere vra ‘n moeilike situasie, dat jy bietjie terugsit, dalk eers ‘n draai gaan loop en dan weer die probleem aanspreek. Die werk of probleem van ‘n kant af ontrafel en dan sistematies daardeur werk.
Maar die belangrikste wat ek al geleer het, is om nie ‘n ding alleen te probeer uitsorteer nie. Vra raad. Kry hulp. Wanneer die lewe se uitdagings te veel word, win kennis in. Al Google jy net die probleem of bel jou mentor. Kennis is mag. Met kennis kom wysheid en met wysheid kom insig. Insig gee nuwe perspektief en meeste van die tyd het ons net vars perspektief nodig om ons probleme en uitdagings ore aan te sit!
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer