Veerkragtig is so ‘n lekker woord. Dit gee my so ‘n gevoel van ‘n ding wat hop. En dis presies wat hierdie karaktereienskap jou laat doen – dit laat jou terugbons wanneer die lewe jou platgeslaan het.
Daar was ‘n tyd toe mense geglo het dat sekere gelukkige mense met hierdie vermoë gebore is. Maar wetenskaplikes het die teendeel bewys. Navorsing op kinders in Hawai wat in haglike omstandighede, sonder liefde en dikwels sonder ouers grootgeword het, het gedragswetenskaplikes se oë laat oopgaan. Hulle het hierdie kinders se lewenspaaie van geboorte tot op ouderdom veertig dopgehou en gevind dat presies ‘n derde van die groep veerkragtigheid aangeleer het en ‘n sukses van hulle lewens gemaak het.
Van die eienskappe wat die uitskieters getoon het, was:
Veerkragtige mense aanvaar trauma en teleurstelling as deel van die lewe en sien dit nie as ‘n persoonlike aanval as gevolg van iets wat hulle verkeerd gedoen het nie. Hulle word geraak deur swaarkry maar nie gebreek daardeur nie.
‘n Veerkragtige persoon leer om die dinge waaraan hy niks kan verander nie, so gou as moontlik uit te ken en te aanvaar. Hy soek aktief na die goeie dinge in ‘n situasie en ontwikkel sy onderskeidingsvermoë. Hy vra homself onbewustelik met elke uitdaging wat sy pad kom, die volgende vraag af: Gaan hierdie mens of taak my help om vorentoe te beweeg of gaan dit my terugsit? Afhangend van die antwoord, beskerm hy sy persoonlike ruimte deur sy rug daarop te draai of deur dit met ope arms te omhels.
Om terug te bons is en veerkragtigheid is binne jou bereik – mits jy kies om dit aan te leer.
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer